Ds. Philippus (Phil) Lodewickus Olivier (21 Junie 1918 in Germiston – 26 Augustus 2008 in Kaapstad) was predikant in drie gemeentes van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, assistentredakteur van die Kerkbode en samesteller van Ons gemeentelike feesalbum, 'n oorsig oor die ontstaan en groei van byna al die destydse NG gemeentes met geleentheid van die 300-jarige herdenking in 1952 van Jan van Riebeeck se landing aan die Kaap, die sogenaamde Van Riebeeckfees.