Philadelphia Phillies

Citizens Bank Park
Die Phillies se sterbouler, Grover C. Alexander

Die Philadelphia Phillies[1] is 'n Amerikaanse professionele bofbalspan wat meeding in Hoofligabofbal (MLB) as 'n lid van die Nasionale Liga (NL) se Oostelike Divisie (NL-Oos). Sedert 2004 is die Phillies se tuisstadion Citizens Bank Park, geleë in die South Philadelphia Sports Complex.[2][3][4][5] Die span se kleure is rooi, wit en blou.[6][7][8]

Die Phillies is in 1883 gestig, en as franchise is dit wat betref professionele sport die oudste span wat deurlopend in dieselfde stad gebaseer is en onder dieselfde naam speel, en ook een van die mees legendariese spanne in Hoofliga bofbal. [9] Sedert hul stigting het die Phillies twee Wêreldreekskampioenskappe gewen (teen die Kansas City Royals in 1980 en die Tampa Bay Rays in 2008), agt Nasionale Liga-wimpels (waarvan die eerste in 1915 gewen is) gewen en in 15 seisoene aan die uitspeelrondtes (naseisoen) deelgeneem. Die span het 120 opeenvolgende seisoene en 140 seisoene sedert sy stigting in 1883 gespeel. Teen die einde van die 2023-seisoen het die Phillies 21 486 wedstryde gespeel, met 'n gereelde seisoenrekord van 10,112 wedstryde gewen, 11,259 wedstryde verloor en 115 wedstryde gelykop gespeel ('n wenpersentasie van .473).[10]

Met hul eerste Wêreldreekskampioenskap in 1980 was die Phillies die laaste van die 16 spanne wat voor die uitbreiding van Hoofliga bofbal in 1961 bestaan het wat 'n Wêreldreeks kon wen. Sedert die begin van die Divisie-era in 1969 het die Phillies egter na vore getree as een van MLB se suksesvolste spanne, en reeds 11 divisiestitels gewen, insluitend vyf opeenvolgende divisietitels tussen 2007 en 2011, agt Nasionale Liga-wimpels en twee Wêreldreekskampioenskappe.

Die stigting van die franchise in Philadelphia in 1883 het die span van Worcester, Massachusetts in die Nasionale Liga vervang. Die span het by verskeie stadions in die stad gespeel, insluitend Recreation Park (1883–1886), Baker Bowl (1887–1938), Shibe Park (later herdoop na Connie Mack Stadium in 1953 ter ere van die jarelange bestuurder van die Philadelphia Athletics) (1938–1970), Veterans Stadium (1971–2003) en Citizens Bank Park (2004 – teenswoordig).

Deels as gevolg van die span se lang geskiedenis, was die Phillies die eerste Amerikaanse sportfranchise wat meer as 10 000 wedstryde verloor het. 'n Groot deel van diè wedstryde het in 'n tydperk van 31 jaar van 1918 tot 1948 plaasgevind, waartydens die span slegs een wenseisoen gehad het. Tog, ook deels as gevolg van die Phillies se lang geskiedenis, is die span een van slegs nege spanne wat ook meer as 10 000 wedstryde in hul geskiedenis kon wen. Die derde bofman Mike Schmidt (ingelyf in die Nasionale Bofbal Eregalery) word algemeen beskou as die grootste speler wat vir die span gespeel het.[11] Sedert die span se ontstaan in 1883 is 33 Phillies-spelers opgeneem in die Bofbal Eregalery.

Die Philadelphia Phillies se Triple-A filiaal is die Lehigh Valley IronPigs, wat by Coca-Cola Park in Allentown speel. Die Double-A geaffilieerde span is die Reading Fightin Phils, wat in Reading speel. Die Klas-A affiliasies is die Jersey Shore BlueClaws, wat in Lakewood Township, New Jersey speel, en die Clearwater Threshers, wat by BayCare Ballpark speel.

Die span se lentekamp vind jaarliks plaas in Clearwater, Florida.

  1. In die verlede was die Phillies bekend onder die volgende name: Philadelphia Blue Jays/Phillies (1944–1949), Philadelphia Phils (1942), Philadelphia Quakers/Phillies (1883–1889)
  2. "Experience baseball in the city of brotherly love", MLB.com, opgespoor op 3 Oktober 2022
  3. "Philadelphia Phillies History" Baseball Almanac, opgespoor op 3 Oktober 2022
  4. "Timeline 1800s", MLB.com, opgespoor op 3 Oktober 2022
  5. "Reds vs. Phillies prediction" Geargiveer 3 Oktober 2022 op Wayback Machine, Patriot News, 25 Augustus 2022
  6. "Dell Technologies Suite Level". Phillies.com. MLB Advanced Media. Besoek op 12 April 2022. Red, white and blue balloons can be placed in the suite for any special occasion that you may be celebrating. Please contact the suite sales office to make arrangements.
  7. Monagan, Matt (27 Oktober 2022). "Phillie Phanatic vs Orbit: The World Series of MLB's greatest mascots". MLB.com. MLB Advanced Media. Besoek op 22 Oktober 2023. One will be sporting the red and white colors of the great city of Philadelphia, while the other will be donning the Astros' orange and navy. Both have had great moments during the 2022 season and, of course, during their respective franchise's histories.
  8. Ritchie, Matthew (6 Oktober 2023). "Alvarado masquerades as Phils' 'jeweler' with hand-beaded necklaces". MLB.com. MLB Advanced Media. Besoek op 22 Oktober 2023. Alvarado's burgeoning necklace business is a labor of love. He's bought a countless number of beads that he can barely recall – "I bought like 20 colors, and every packet has 240 beads. … It's a lot," he said – now mostly red, white and blue to match the team's color palette.
  9. "Timeline - 1800s | Philadelphia Phillies". MLB.com (in Engels). Besoek op 8 Maart 2024.
  10. "Philadelphia Phillies Team History & Encyclopedia". Baseball-Reference.com (in Engels). Besoek op 6 November 2022.
  11. "Why Mike Schmidt is the Greatest Phillie of All-Time". NBC Sports Philadelphia. 3 November 2018. Besoek op 19 Maart 2020.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne