Philip K. Dick | |
---|---|
Gebore | Philip Kindred Dick 16 Desember 1928 |
Sterf | 2 Maart 1982 (op 53) |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Beroep | Skrywer |
Bekend vir | Ubik Do Androids Dream of Electric Sheep? The Man in the High Castle A Scanner Darkly Flow My Tears, the Policeman Said VALIS-trilogie "Second Variety" |
Kinders | 3 |
Ouer(s) | Dorothy (née Kindred) en Joseph Edgar Dick |
Handtekening | |
Philip Kindred Dick (16 Desember 1928 - 2 Maart 1982) was 'n Amerikaanse skrywer van wetenskapsfiksie.
Dick het 44 romans in sy leeftyd gepubliseer asook ongeveer 121 kortverhale.
Gebore in Chicago, Illinois, het hy na Kalifornië toe verhuis om wetenskapfiksie te skryf in die 1950s. Sy stories het aanvanklik min kommersiële sukses behaal.[1]
'n Verskeidenheid gewilde Hollywood-rolprente gebaseer op Dick se werke is later vervaardig, onder andere Blade Runner (1982), Total Recall (twee keer aangepas: in 1990 en in 2012), Minority Report (2002), A Scanner Darkly (2006), en The Adjustment Bureau (2011). Die roman The Man in the High Castle (1962) is in 'n televisiereeks deur Amazon gemaak, wat in 2015 begin het.