Philip Kerr

Philip Kerr
Philip Kerr in 2014
Gebore(1956-02-22)22 Februarie 1956
Sterf23 Maart 2018 (op 62)
NasionaliteitVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
BeroepSkrywer
EggenootJane Thynne
Kinders3
Webwerfphilipkerr.org

Philip Ballantyne Kerr (* 22 Februarie 1956 in Edinburg, Skotland, Verenigde Koninkryk; † 23 Maart 2018) was 'n Britse skrywer van misdaadromans wat veral bekendheid verwerf het met sy historiese rillerreeks rondom die Berlynse privaat speurder Bernie Gunther wat tydens die Nasionaalsosialistiese bewind in die Duitse Ryk en in die na-oorlogse tydperk afspeel.[1] Daarnaas het Kerr verskeie kinder- en jeugboeke en nie-fiksie gepubliseer.[2]

  1. philipkerr.org: Books - About Bernie Gunther. Besoek op 25 Maart 2018
  2. The Guardian, 24 Maart 2018: Philip Kerr, author of Bernie Gunther novels, dies aged 62. Besoek op 25 Maart 2018

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne