Phuket Internasionale Lughawe ท่าอากาศยาน ภูเก็ต | |||
---|---|---|---|
IATA: HKT – ICAO: VTSP | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Openbaar | ||
Operateur | Airports of Thailand (A.O.T.) | ||
Bedien | Phuket, Thailand | ||
Ligging | 222 Tambon Mai Khao, Amphoe Thalang, Phuket, Thailand | ||
Spil vir | Thai AirAsia | ||
Hoogte bo seevlak | 82 vt / m | ||
Webtuiste | |||
Landkaart | |||
Ligging van Phuket Lughawe in Thailand | |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
m | vt | ||
09/27 | 3 000 | 9 843 | Teer |
Statistieke (2017) | |||
Totale passasiers | 16 855 637 | ||
Internasionale passasiers | 9 200 058 | ||
Binnelandse passasiers | 7 655 579 | ||
Lugbewegings | 106 093 | ||
Vrag (ton) | 53 199 | ||
Bronne: Lughawe,[1] A.O.T.[2] |
Phuket Internasionale Lughawe (Thai: ท่าอากาศยาน ภูเก็ต) (IATA-kode: HKT, ICAO: VTSP) is 'n lughawe wat die Phuket Provinsie van Thailand bedien. Dit is geleë in die noorde van Phuket-eiland, 32 kilometer vanaf die middelpunt van Phuket-stad.
Die lughawe speel 'n belangrike rol in Thailand se toerismebedryf, omrede Phuket-eiland 'n gewilde vakansiebestemming is. Dit is die derde besigste lughawe in Thailand in terme van die passasiers, na Suvarnabhumi Internasionale Lughawe en Don Mueang Internasionale Lughawe in die Bangkokse metropolitaanse gebied. Die lughawe het 'n rekord 15,1 miljoen passasiersaankomste en -vertrekke hanteer in 2016, 'n verbetering van 17.8 persent oor 2015.[3]