Piet Joubert | |
Ampstermyn 8 Augustus 1881 – 9 Mei 1883 | |
Voorafgegaan deur | Garnet Wolseley (as goewerneur van Transvaal) |
---|---|
Opgevolg deur | Paul Kruger (as president van die Zuid-Afrikaansche Republiek) |
Lid van die Volksraad
| |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Oudtshoorn, Kaapkolonie | 20 Januarie 1834
Sterf | 28 Maart 1900 (op 66) Pretoria, Zuid-Afrikaansche Republiek |
Religie | Nederduitse Gereformeerde Kerk |
Militêre diens
| |
Lojaliteit | Zuid-Afrikaansche Republiek |
Rang | Kommandant-generaal |
Oorloë/Veldslae | Eerste Vryheidsoorlog |
Genl. Petrus Jacobus (Piet) Joubert (20 Januarie 1831 - 28 Maart 1900) was naas Paul Kruger die bekendste openbare figuur in die Zuid-Afrikaansche Republiek en het as kommandant-generaal die Boeremagte onder meer in die Eerste Vryheidsoorlog en aan die begin van die Anglo-Boereoorlog aangevoer. Hy het op verskeie gebiede met Kruger verskil, maar kon nooit daarin slaag om hom in ʼn presidentsverkiesing te klop nie.