Oosterse rysgereg
Armenië
փիլավ (pilaf)
Iran
Polof
Azerbeidjan
Plov
Turkye
Pilav
Rusland
плов (plof)
Pilaf is 'n rysgereg wat sy oorsprong in die ooste het en gewoonlik in 'n pot of pan van langkorrelrys, uie, beesboeljon en dikwels ook vis, vleis of groente berei word.
Die rys word in 'n verhouding van 1:2 met beesboeljon in 'n oop pot gaargemaak en daarna in 'n bedekte pot gestoom. Dit moet los en nog effens ferm wees. Ander bestanddele word volgens die verskillende resepte bygevoeg terwyl die pilaf nog kook of wanneer dit bedien word.