Pinjarra-menseslagting | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
![]() Gedenkstandbeeld in 2020 | |||||||
| |||||||
Strydende partye | |||||||
Britse koloniste | Pinjarup-mense | ||||||
Bevelvoerders | |||||||
Goewerneur-kaptein James Stirling | Kalyute | ||||||
Sterkte | |||||||
25 soldate, polisiemanne en setlaars | 60-80 mans, vroue en kinders | ||||||
Ongevalle | |||||||
1 gesneuweldes, 1 gewond | 25-30 gesneuweldes,[1] onbekende aantal gewond |
Die Pinjarra-menseslagting is 'n gebeurtenis wat plaasgevind het in Pinjarra, Wes-Australië, toe 'n groep van 25 Australiese soldate en polisiemanne onder leiding van James Stirling in 1834 'n groep van 60 tot 80 Australiese inboorlinge aangeval het. Daar word in sommige oorde na die menseslagting verwys as sou dit 'n veldslag gewees het maar ander skrywers reken dit is eerder 'n poging om die ware aard van die gebeurtenisse te verbloem.[2] Verskeie gewonde inboorling vegters is saam met vroue en kinders ook vermoor.