Pinotage

Pinotage van die Neethlingshof-wynlandgoed in Stellenbosch

Pinotage is 'n Suid-Afrikaanse rooiwyn-kultivar wat uit 'n Pinot noir- en Cinsault (vroeër bekend as Hermitage, soms ook gespel as Cinsaut)-kruising ontstaan het. Die druifsoort is in 1925 deur professor Abraham Izak Perold (1880–1941) van die Universiteit Stellenbosch ontwikkel.[1] Oorspronklik het dit bekendgestaan as Perold se Hermitage x Pinot, maar vir bemarkingsdoeleindes is die naam in 1959 verkort tot Pinotage.

Die kultivar word steeds hoofsaaklik in die Wes-Kaap verbou. Daarnaas word kleiner aanplantings in Kalifornië, Nieu-Seeland, Australië, Brasilië, Israel en Kanada aangetref.[2][3]

  1. "Pinotage.co.za: Abraham Izak Perold. Besoek op 22 Februarie 2018". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Februarie 2018. Besoek op 22 Februarie 2018.
  2. "Grape - Tim James's South African wine pages: Tasting pinotage from around the world – in Canada. Besoek op 22 Februarie 2018". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Junie 2018. Besoek op 22 Februarie 2018.
  3. "Wein.com: Pinotage. Besoek op 22 Februarie 2018". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Junie 2018. Besoek op 22 Februarie 2018.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne