Pioneer 0

'n Kunstenaarsvoorstelling van Pioneer 0

Pioneer 0 (ook bekend as Able 1) was 'n onbemande ruimtetuig van die Verenigde State wat ontwerp was om in 'n wentelbaan om die Maan te gaan. Dit het 'n televisiekamera, mikrometeorietdetektor en 'n magnetometer aan boord gehad. Die ruimtevlug, met sy wetenskaplike vrag, was die eerste wat deel van die International Geophysical Year was. Die ruimtetuig is ontwerp deur die Amerikaanse Lugmag se Ballistiese Missieldivisie as die eerste ruimtetuig van die Pioneer-program. Dit was ook die eerste poging deur enige land om verby 'n aardwentelbaan te gaan.[1] Die sending was 'n mislukking want die vuurpyl het ontplof net na lansering op 17 Augustus 1958. Die ruimtetuig sou Pioneer (of Pioneer 1) genoem gewees het, maar weens die mislukkking van die sending is die naam nooit gebruik nie.

  1. Siddiqi, Asif A. (2018). Beyond Earth: A Chronicle of Deep Space Exploration, 1958–2016 (PDF). The NASA history series (second uitg.). Washington, DC: NASA History Program Office. p. 1. ISBN 9781626830424. LCCN 2017059404. SP2018-4041.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne