Piranha

Serrasalmus
Serrasalmus marginatus
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
Serrasalmus
Spesies

Sien teks.

Piranhas (genus Serrasalmus) is roofvisse uit Suid-Amerika wat met hul vlymskerp tande selfs groot soogdiere in 'n kort tydjie tot op die been skoonvreet. Nietemin is die meeste bloeddorstige verhale wat oor die visse vertel word, baie oordrewe. Volgens moderne bioloë vervul die piranhas 'n nuttige funksie deurdat hulle swak en siek diere uit die weg ruim en so die natuurlike visbevolking gesond hou.

Baie min visse het so 'n swak reputasie soos die klein Suid-Amerikaanse piranha (genus Serra-salmus). Ondanks sy grootte word sy roofsugtige lewenswyse duidelik in sy liggaamsbou verraai deur die geweldige kake en skerp, driehoekige tande. Die huid van die slagoffer word met die skerp punte deurboor, waarna die vlymskerp tande die vleis blitsvinnig van die been afskeur. Die inheemse Indiane gebruik die tande selfs as skêre. Die liggaam self is ook goed aangepas vir jag.

Op die kop is 'n beenkam wat as 'n rif na agter deurloop en saam met die buikkiel die vis vaartbelyn maak sodat dit vinnig deur die water kan beweeg. Tussen die rug- en die stertvin het die piranha 'n vetvin, wat by al die lede van die karpersalms (familie Characidae) voorkom en die familie van die egte karpers (familie Cyprinidae) onderskei.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne