Pirate Party (letterlik "seerowerparty") is 'n benaming wat deur politieke partye in verskillende lande gebruik word. Hierdie partye ondersteun die burgerlike regte, direkte demokrasie en deelname in die regering, die hervorming van kopiereg en patentereg, vrye uitruil van kennis (oop-inhoud), privaatheid van inligting, deursigtigheid, vryheid van inligting, vryheid van spraak, anti-korrupsie en Internet neutraliteit.[1]