'n Piroklastiese stroom of piroklastiese wolk[1] is 'n vinnig bewegende stroom warm gas en tefra wat met die grond langs weg van 'n vulkaan af beweeg. Hulle gemiddelde snelheid is sowat 100 km/h, maar hulle kan tot 700 km/h haal.[2] Die gasse en tefra kan 'n temperatuur van sowat 1 000 °C bereik.
Piroklastiese strome is die gevaarlikste van alle vulkaangevare[3] en ontstaan as gevolg van sekere ontploffende uitbarstings; hulle raak gewoonlik aan die grond en stroom bergaf, of versprei letterlik onder swaartekrag. Hulle spoed hang af van die digtheid van die stroom, die vulkaan se uitsettempo en die steilte van die helling.
↑Branney M.J. & Kokelaar, B.P. 2002, Pyroclastic Density Currents and the Sedimentation of Ignimbrites. Geological Society of London Memoir 27, 143pp.