PizzaExpress | |
![]() ![]() | |
Tipe | Privaat maatskappy |
---|---|
Gestig | 1965 in Londen, Engeland |
Hoofkantoor | Uxbridge, Londen, ![]() |
Sleutelpersone | Peter Boizot (stigter), Jinlong Wang (hoof uitvoerende beampte) |
Gebied bedien | Verenigde Koninkryk, Ierland, vastelandse Europa, Indië, Hong Kong, Midde-Ooste |
Industrie | Restaurantgroep |
Produkte | Restaurante, diepvrieskos |
Werknemers | 10 100 2020 |
Moedermaatskappy | Hony Capital, Beijing |
Webwerf | pizzaexpress.com |
PizzaExpress is 'n restaurantgroep wat 470 restaurante in die Verenigde Koninkryk en 'n honderdtal in oorsese lande bedryf, waaronder Europa, Hongkong, Indië en die Midde-Ooste.
Die groep is in 1965 deur Peter Boizot gestig - volgens PizzaExpress se webtuiste was Boizot ontevrede met 'n pizza wat hy destyds in 'n Londense restaurant voorgesit is en het besluit om tradisionele Italiaanse pizza-kookkuns op die Britse mark in te voer. Die eerste PizzaExpress-restaurant, waarvoor 'n Italiaanse pizza-oond ingevoer is, het in Wardour Street, Soho, Londen geopen.[1] PizzaExpress is net een van 'n reeks Italiaans-geïnspireerde restaurantkettings in die Verenigde Koninkryk. Sy hoofmededingers sluit Ask, Prezzo en Strada in.
Die onderneming is in 2014 aan die Chinese beleggingsmaatskappy Hony Capital verkoop - in 'n transaksie ter waarde van £900 miljoen.[2] PizzaExpress het - net soosander restaurantkettings - tydens die Cornovirus-pandemie in 2020 verliese gely. As deel van die Britse regering se maatreëls ter inperking van die siekte moes restaurante in Maart hul deure tydelik sluit. In September 2020 het PizzaExpress die sluiting van 73 restaurante aangekondig nadat krediteurs 'n herstruktureringsplan goedgekeur het. Sowat 1 100 werksgeleenthede word bedreig.[3]