Planet Hollywood | |
Tipe | Filiaalmaatskappy |
---|---|
Gestig | 22 Oktober 1991 New York Stad, New York |
Hoofkantoor | Orlando, Florida, Verenigde State |
Liggings | 6 (2006)[1] |
Gebied bedien | Verenigde State, Londen en Parys |
Industrie | Restaurante |
Produkte | Restaurant, kleinhandel, hotel, kasino |
Moedermaatskappy | Earl Enterprises[2] |
Dogter- maatskappye | Planet Hollywood Resorts International, LLC, Buca di Beppo |
Webwerf | planethollywood.com |
Planet Hollywood International Inc. is 'n temarestaurant-ketting wat sy inspirasie uit die populêre Hollywoodkultuur (of - in die geval van sy Europese filiale - die plaaslike rolprentkultuur) trek. Die ketting is in besit van Earl Enterprises, 'n onderneming wat deur Robert Earl gevestig is.
Die ketting is op 22 Oktober 1991 in New York gevestig – met die steun van bekende Hollywoodsterre soos Sylvester Stallone, Bruce Willis, Demi Moore en Arnold Schwarzenegger.[3] Daarnaas het ook die akteurs Whoopi Goldberg, Jackie Chan, Jean-Claude Van Damme, Don Johnson, Melanie Griffith, Tom Arnold, Wesley Snipes en Danny Glover, die regisseur John Hughes en komediant Roseanne Barr bygedra tot die ketting se sukses. Hulle het aandele aan Planet Hollywood ontvang in ruil vir optredes en bemarkingsaktiwiteite.
Die ketting het aanvanklik groot sukses behaal. Later het dit in finansiële moeilikhede beland en in 1999 bankrotskap gespeel. Tans is daar nog ses restaurante wat onder die handelsmerk bedryf word – in Orlando, Los Angeles Internasionale Lughawe, Las Vegas, New York, Londen en Parys.[4]