Platluis | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. pubis
|
Binomiale naam | |
Pthirus pubis | |
Sinonieme | |
Pediculus pubis Linnaeus, 1758 |
Die platluis (Pthirus pubis) is ’n insek wat as ’n obligate parasiet op mense voorkom en uitsluitlik van bloed lewe.[1] Dit word gewoonlik tussen die pubiese hare aangetref. Hoewel die luis nie kan spring nie, kan dit ook aan ander dele van die liggaam voorkom wat deur growwe hare bedek word, soos die oogwimpers.[2][3]
Die mens is die platluis se enigste bekende gasheer, hoewel ’n verwante spesie, Pthirus gorillae, op gorillas voorkom. Die menslike parasiet het sowat 3,3 miljoen jaar gelede uit die Pthirus gorillae-lyn vertak.[4] Dit is verder verwant aan die genus Pediculus, waartoe die menslike kopluis en liggaamsluis behoort, asook luise wat op sjimpansees en bonobo's voorkom.