'n Plat-6 of horisontaal-teenoorstaande-6 is 'n platenjin met ses silinders horisontaal in twee banke van drie silinders aan elke kant van 'n sentrale krukkas geplaas. Dit moet nie verwar word met die teenoorstaande-suierenjin nie. Die suiers word so op die krukas gemonteer dat opponerende suiers heen-en-weer beweeg in teenoorgestelde rigtings op dieselfde tyd, 'n bietjie soos 'n bokser sy handskoene saamslaan voor 'n geveg, wat daartoe gelei het dat dit as 'n bokserenjin bekend staan.
Die uitleg lewer 'n resultaat met inherente goeie balans van die resiprokerende dele, 'n lae swaartepunt, en 'n baie kort enjinlengte. Die uitleg leen hom ook tot effektiewe verkoeling. Die vorm van die enjin pas beter in agter- en mid-enjin ontwerpe, waar die lae swaartepunt 'n voordeel is; in voorenjinontwerpe bemoeilik die breedte van die enjin die vermoë van die voorste wiele om te stuur. Dit is egter 'n intrinsieke duur ontwerp om te vervaardig, wat dit meer geskik maak vir luukse sportmotors, toermotorfietse en sekere vliegtuie.[1]
Slegs 'n paar motorfabrikante, insluitend Porsche en Subaru, gebruik tans horisontaalteenstaande enjins. Porsche gaan voort as die mees prominente vervaardiger van die plat-6-enjin in sy luukse sportmotors, terwyl Subaru dit gebruik in sy allewieldryf motors, waar die probleme van die pas van die enjin tussen die voorste wiele geneutraliseer word deur die doeltreffendheid van die toevoeging van vierwielaandrywing. In die verlede het 'n paar ander vervaardigers platsesse gebruik, veral die 1948 Tucker Sedan en Chevrolet in hul Corvair van die 1960's met 'n plat-6 lugverkoelde enjin. Die Citroën DS was oorspronklik bedoel om toegerus te wees met 'n lugverkoelde plat-6, maar dit het nooit gebeur nie.