Podkamennaja Toengoeska – Middel-Toengoeska | |
---|---|
Die nedersetting Osjarowo by die Podkamennaja Toengoeska | |
Die stroomgebied van die Podkamennaja Toengoeska | |
Oorsprong | noordwes van Oest-Koet, Irkoetsk-oblast, Rusland |
Monding | naby Bor, Krasnojarsk-krai, Rusland Jenisejrivier |
Stroomgebied | Rusland |
Lengte | 1 865 km (1 159 myl) |
Oorspronghoogte | 946 m (3 104 voet) |
Mondinghoogte | 27 m (89 voet) |
Gemiddelde afloop | 1 750 m³/s (62 000 ft³/s) |
Stroomgebiedopp. | 249 000 km² (96 100 myl²) |
Kaart van die Podkamennaja Toengoeska-bekken in Asië
|
Die Podkamennaja Toengoeska (Russies: Подкаменная Тунгуска, letterlik: "Toengoeska onder die klippe"), soms ook Middel-Toengoeska (Сре́дняя Тунгу́ска, Srednjaja Toengoeska) genoem, is 'n groot sytak van die Jenisejrivier in Siberië. Dié rivier, met 'n lengte van 1 865 km, ontspring noordwes van Oest-Koet naby die Benede-Toengoeska se bron in die Irkoetsk-oblast. Aansluitend vloei dié rivier, Katanga genoem, in 'n noordwestelike rigting deur die Krasnojarsk-krai en bereik Wanawara, 'n nedersetting naby die Toengoeska-voorval se plek. Vanaf Wanawara vloei die Podkamennaja Toengoeska in 'n westelike en later noordwestelike rigting en bereik Baikit. Vanaf Baikit vloei dié rivier weer in 'n westelike rigting en mond naby die dorp Bor in die Jenisejrivier uit.[1]
Die Podkamennaja Toengoeska is een van drie riviere in Rusland wat die naam Toengoeskarivier dra. Die ander is die Benede-Toengoeska wat sowat 100 km suid van die Podkamennaja Toengoeska se bron entspring en sowat 600 km noord van die Podkamennaja Toengoeska se monding in die Jenisejrivier uitmond. Die Angara se boloop word soms ook Bo-Toengoeska genoem.