Poensjak Djaia | |
---|---|
Die piek van Poensjak Djaia in Nieu-Guinee
| |
Ligging | Nieu-Guinee, Indonesië |
Hoogte | 4 884 meter bo seevlak |
Reeks | Soedirmangebergte |
Koördinate | 4°5′24.6″S 137°11′6″O / 4.090167°S 137.18500°O |
Bergtipe | Bergkam |
Eerste bestyging | 13 Februarie 1962 |
Eerste bestyger(s) | Heinrich Harrer Philip Temple Russel Kippax Albert Huizenga |
Maklikste roete | Bergklim |
Poensjak Djaia of Carstenszpiramide (Indonesies: Puncak Jaya) is 'n berg in die Soedirmangebergte in die wes-sentrale hooglande van Papoea-provinsie, Indonesië (in die Poensjak Djaia-regentskap). Ander name daarvoor sluit in Nemangkawhi in die Amoengkal-taal, Ngga Poeloe en Goenoeng Soekarno.[1]
Met 'n hoogte van 4 884 m bo seevlak is Poensjak Djaia die hoogste berg in Indonesië, die hoogste op die eiland Nieu-Guinee (wat die Indonesiese Papoea-provinsies en Papoea-Nieu-Guinee omvat), die hoogste van Oseanië, en die 5de hoogste berg in die Suidoos-Asiese geopolitieke streek. Dit is ook die hoogste punt tussen die Himalajas en die Andes, en die hoogste eilandpiek ter wêreld. Sekere bronne gee Wilhelmberg van 4 509 m aan as die hoogste bergpiek in Oseanië, deurdat Indonesië as deel van (Suidoos-) Asië beskou word.[2]