Polaris Dawn

Logo van Polaris Dawn.

Polaris Dawn is 'n private menslike ruimtevlugsending, wat deur SpaceX namens Shift4 se uitvoerende hoof, Jared Isaacman, bedryf word en is die eerste van drie beplande missies in die Polaris-program. Isaacman en sy bemanning van drie, wat op 10 September 2024 gelanseer is as die 14de bemanningsbaanvlug van 'n Crew Dragon-ruimtetuig, is op 'n trajek na 'n hoogs elliptiese wentelbaan wat hulle tot 1 400 kilometer sal neem weg van die aarde af, die verste wat enigiemand sedert NASA se Apollo-program was, sodat hulle deur dele van die Van Allen-stralingsgordel gaan om die gesondheidseffekte van ruimtebestraling en ruimtevlug op die menslike liggaam te bestudeer. Later in die sending sal Isaacman en Gillis na verwagting die eerste kommersiële ruimtewandeling aanpak.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne