Polimiksiene is antibiotika. Polimiksien B en E (ook bekend as kolistien) word in die behandeling van gram-negatiewe bakteriële infeksies gebruik. Hulle werk meestal deur die bakteriële selmembraan op te breek. Hulle vorm deel van 'n breër klas van molekules wat nie-ribosomale peptiede genoem word. Hulle word in die natuur deur gram-positiewe bakterieë soos Paenibacillus polymyxa gevorm.