Politipes is 'n verskynsel in die kristallografie van gelaagde verbindings. Hierdie vastestowwe kan soms in heelparty effens andere strukture kristalliseer. In stowwe met 'n driedimensionale (nie-gelaagde) struktuur wat op diggepakte lae gebaseer is, volg die atome gewoonlik óf 'n kubiese óf 'n heksagonale pakmodus (óf -ABCABCABC- 'of -ABABAB-) Andere rangskikkings is gewoonlik energeties nie gunstig nie.
Die struktuur in gelaagde verbindings is dikwels in twee rigtings a en b amper dieselfde maar hulle verskil in die derde rigting deur 'n andere pakmodus.