Pool (spel)

Die 9-bal variant

Pool is 'n biljartspel van Amerikaanse oorsprong en word op 'n pooltafel gespeel. Die spel is wêreldwyd baie gewild en word dikwels in kroeë en ander sosiale bymekaarkomplekke gespeel.

Die spel word op 'n reghoekige tafel gespeel met 'n sak (gat) aan elke hoek en een sak in die middel van elke lang sy van die reghoek. Die doel van die spel is om die balle in die sakke in te skiet net soos dit by snoeker die geval is.

'n Standaadstel poolballe word genommer van 1 tot en met 15, met die eerste 7 wat die 'heles' oftewel solids (balle met één kleur) genoem word en waar 8 die swart bal is. Die 9de tot en met die 15de balle word die 'halwes' oftewel die stripes genoem (met 'n wit sy en 'n gekleurde band).

Daar bestaan heelwat variante, waarvan die drie gewildstes is:

  • 8-bal
  • 9-bal
  • straight pool oftewel 14.1

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne