Tiananmen | ||
![]() | ||
Die Poort van Hemelse Vrede. | ||
Name (taalvariante) | ||
Tradisionele Chinees | 天安門 | |
Vereenvoudigde Chinees | 天安门 | |
Pinyin | Tiānānmén |
Die Poort van Hemelse Vrede, of Tiananmen (letterlik "Tianan-poort"), is ’n monument in Beijing, die hoofstad van die Volksrepubliek China. Dit word algemeen as ’n nasionale simbool beskou. Dit is in 1420 tydens die Ming-dinastie gebou en word soms verkeerdelik die vooringang tot die Verbode Stad genoem. Laasgenoemde is egter die Middagpoort, terwyl Tiananmen die ingang tot die Keiserlike Stad was, waarbinne die Verbode Stad geleë was. Die Poort van Hemelse Vrede is noord van Tiananmen-plein geleë.