Porphyrius (filosoof)

Porphyrius van Tirus
Porphire Sophiste, 16de eeuse Franse gravure
Geboreomstreeks 234 n.C.
Sterf305 n.C.
Noemenswaardige werke

Porphyrius van Tirus (Koine-Grieks: Πορφύριος, Porphýrios; omstreeks 234 – omstreeks 305 n.C.) was 'n Nieu-platoniese filosoof. Hy is gebore in Tirus, Phoenice Syria[1] gedurende die heerskappy van die Romeine.[lower-alpha 1][1][2] Hy het die Die Ses Enneïde, die enigste versameling van Plotinus (sy leermeester) se werk, geredigeer en gepubliseer.

Hy het oorspronklike werke in Grieks geskryf oor 'n wye reeks onderwerpe, soos byvoorbeeld musiekteorie, Homeros en vegetarisme.[lower-alpha 2] Sy Isagoge of Inleiding, 'n inleiding tot logika en filosofie,[lower-alpha 3] was in die Middeleeue die standaard handboek oor logika in die Latynse en Arabiese weergawes.[3] Porphyrius was, en is steeds, ook bekend vir sy anti-Christelike sentiment en polemieke.[4] Werke soos die Filosofieë van die Orakels (Περὶ τῆς ἐκ λογίων φιλοσοφίας; De Philosophia ex Oraculis Haurienda) en Teen die Christene (Κατὰ Χριστιανῶν; Adversus Christianos) (wat verbied is deur Konstantyn die Grote)[5] het gesorg dat hy hewige woordestryde en meningsverskille gehad het met die vroeë Christene.[6]

  1. 1,0 1,1 Schott, Jeremy M. (23 April 2013). Christianity, Empire, and the Making of Religion in Late Antiquity (in Engels). University of Pennsylvania Press. ISBN 978-0-8122-0346-2.
  2. Johnson 2013, p. 8.
  3. Barnes 2003, p. ix.
  4. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named :0
  5. Clark 1989, p. 9.
  6. Digeser 1998.


Verwysingfout: <ref> tags exist for a group named "lower-alpha", but no corresponding <references group="lower-alpha"/> tag was found


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne