Porsche Panamera 4S (voor opkikkering) | |
Oorsig | |
---|---|
Produksie | April 2009–2016 |
Modeljare | 2010–2016 |
Montering | Leipzig, Duitsland |
Ontwerper | Michael Mauer |
Bakstyl | 4-deur fastback[1][2][3][4] |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | 3.0 L V6 Turbodiesel 3.6 L V6 (Panamera/Panamera 4) 3.0 L V6S (Panamera S Hybrid) 4.8 L V8 (Panamera S/Panamera 4S) 4.8 L V8 (Panamera GTS) |
Ratkas | 6-gang handrat 7-gang PDK dubbelkoppelaar 8-gang Aisin Tiptronic S |
Lengte | 4970 mm |
Breedte | 1931 mm |
Hoogte | 1418 mm |
Massa | 1870 kg |
Asafstand | 2900 mm |
Die Porsche Panamera is 'n luukse vierdeursportsedan.[1][5][6] Dit is agterwielaangedrewe met 'n voorenjin, met allewieldryfweergawes ook beskikbaar.
Die Porsche Panamera produksiemodel is by die 13de Auto Sjanghai Internasionale Motorskou in Sjanghai, China onthul in April 2009.[7] In 2011 is hibriede en dieselweergawes vrygestel. In April 2013 is die Panamera opgekikker, en weer by die Sjanghai Motorskou vrygestel.[8] 'n Inprophibriede weergawe, die Panamera S E-Hybrid, is op die Amerikaanse mark vrygestel in November 2013.