Portaal:Sport

Wikipedia-portale: Musiek · Letterkunde · Sport · Geografie · Geologie · Geskiedenis · Fisika · Chemie · Biologie · Sterrekunde · Krieket · Rugby · Vlae en wapens


Welkom by Wikipedia se portaal vir sport. Sport is 'n fisieke (byvoorbeeld rugby) of denkspel (byvoorbeeld skaak) wat in kompetisieverband gespeel kan word. Sport kan ook vir ontspanning beoefen word. Alle sporte het reëls wat nagekom moet word. Die beoefening van sport kan mens aktief en gesond hou, vandaar die slagspreuk: 'n Gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees.


Uitgesoekte artikel


Kenteken van die T20I-wêreldbeker 2022.

Die T20I-wêreldbeker 2022 (Engels: 2022 ICC Men's T20 World Cup) is van 16 Oktober tot 13 November 2022 in Australië beslis. Dit was die agtste T20I-wêreldbekertoernooi in T20I-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is en die eerste in Australië. Oorspronklik sou dié toernooi in 2020 plaasvind, maar weens die wêreldwye Covid-19-pandemie is dit deur die Internasionale Krieketraad uitgestel. In Augustus 2020 het die IKR aangekondig dat Australië die 2022-toernooi sou aanbied, terwyl die 2021-toernooi soos oorspronklik beplan in Indië sou plaasvind, maar dit is later aan Oman en die Verenigde Arabiese Emirate oorhandig. Die gasheer Australië was ook die verdedigende wêreldkampioen nadat hulle die T20I-wêreldbeker 2021 gewen het. Sedert die 2010-toernooi in Wes-Indië was dit die eerste T20I-wêreldbekertoernooi wat nie in ’n Asiatiese land gehou is nie.

Die toernooi se formaat van 2021 het onveranderd gebly en 16 nasionale krieketspanne het aan die T20I-wêreldbeker 2022 deelgeneem: Die twaalf beste spanne van die vorige toernooi (Afghanistan, Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Namibië, Nieu-Seeland, Pakistan, Skotland, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië), saam met die wenners van die kwalifisering (Ierland, Nederland, die Verenigde Arabiese Emirate en Zimbabwe). Tydens die T20I-wêreldbeker 2022 is 45 wedstryde gespeel, waaronder twaalf in die eerste rondte, 30 in die Super Twaalf en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die agt beste spanne op die IKR se T20I-ranglys soos op 15 November 2021 het aan die Super Twaalf deelgeneem, terwyl die laer geplaasde spanne saam met die kwalifiserende spanne in die eerste rondte gespeel het. Die agt spanne wat aan die eerste rondte deelgeneem het, is in twee groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die Super Twaalf gekwalifiseer. In die Super Twaalf is die spanne in twee groepe van ses elk verdeel, waarvan die twee beste spanne tot die halfeindrondte gevorder het en die wenners van hierdie wedstryde mekaar in die eindstryd ontmoet het. Die vier beste spanne van elke groep in die Super Twaalf – altesaam agt spanne – het regstreeks vir die volgende T20I-wêreldbeker 2024 in die Verenigde State en Wes-Indië gekwalifiseer.

Engeland, Indië, Nieu-Seeland en Pakistan het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Pakistan het Nieu-Seeland en Engeland het Indië geklop, waardeur Engeland en Pakistan mekaar in die eindstryd ontmoet het. Engeland het Pakistan in die eindstryd op die Melbourne-krieketveld in Melbourne met vyf paaltjies verslaan en sodoende ná 2010 sy tweede T20I-wêreldbekertitel ingepalm. Daarbenewens het Engeland die eerste mansspan geword wat beide die krieketwêreldbeker- en die T20I-wêreldbekertitel op dieselfde tydstip gehou het, aangesien hulle die vorige Krieketwêreldbeker 2019 ook gewen het. Die gasheer en verdedigende wêreldkampioen Australië en Suid-Afrika is in die Super Twaalf uitgeskakel, terwyl die tweemalige wenner Wes-Indië nie die Super Twaalf kon haal nie. Namibië is ná een oorwinning en twee nederlae reeds in die eerste rondte uitgeskakel.

...lees verder


Voorbladartikels


’n Engelse rugbyspeler ruk hom los uit ’n harde duikslag deur ’n Australiër
’n Engelse rugbyspeler ruk hom los uit ’n harde duikslag deur ’n Australiër
Nasionale krieketspanne volgens status op die Afrikaanse Wikipedia:

   Voorbladster

   Amper klaar

   Ander artikels

Krieketveld met bouler, die twee kolwers en ’n skeidsregter
Krieketveld met bouler, die twee kolwers en ’n skeidsregter
Nasionale rugbyspanne volgens status op die Afrikaanse Wikipedia:

   Voorbladster

   Amper klaar

   Ander artikels

Afghaanse nasionale krieketspan - All Blacks - Fernando Alonso - Argentynse nasionale rugbyspan - Australiese nasionale krieketspan - Bengaalse nasionale krieketspan - Bermudaanse nasionale krieketspan - Chileense nasionale rugbyspan - Engelse nasionale krieketspan - Engelse nasionale rugbyspan - Roger Federer - Fidjiaanse nasionale rugbyspan - Franse nasionale rugbyspan - Pierre Gasly - Georgiese nasionale rugbyspan - Hongkongse nasionale krieketspan - Ierse nasionale krieketspan - Ierse nasionale rugbyspan - Indiese nasionale krieketspan - Italiaanse nasionale rugbyspan - Japannese nasionale rugbyspan - Kanadese nasionale krieketspan - Kanadese nasionale rugbyspan - Keniaanse nasionale krieketspan - Krieketwêreldbeker 2003 - Krieketwêreldbeker 2007 - Krieketwêreldbeker 2011 - Krieketwêreldbeker 2015 - Krieketwêreldbeker 2019 - Krieketwêreldbeker 2023 - Niki Lauda - Namibiese nasionale krieketspan - Namibiese nasionale rugbyspan - Nederlandse nasionale krieketspan - Nepalese nasionale krieketspan - Nieu-Seelandse nasionale krieketspan - Olimpiese Somerspele 2008 - Olimpiese Somerspele 2012 - Omaanse nasionale krieketspan - Pakistanse nasionale krieketspan - Papoea-Nieu-Guinese nasionale krieketspan - Paralimpiese Somerspele 2008 - Portugese nasionale rugbyspan - Proteas - Roemeense nasionale rugbyspan - Rugby - Rugbywêreldbeker 2003 - Rugbywêreldbeker 2007 - Rugbywêreldbeker 2011 - Rugbywêreldbeker 2015 - Rugbywêreldbeker 2019 - Rugbywêreldbeker 2023 - Samoaanse nasionale rugbyspan - Skaak - Skotse nasionale krieketspan - Skotse nasionale rugbyspan - Spaanse nasionale rugbyspan - Springbokke - Sri Lankaanse nasionale krieketspan - T20I-wêreldbeker 2021 - T20I-wêreldbeker 2022 - Tafeltennis - Tongaanse nasionale rugbyspan - Uruguaanse nasionale rugbyspan - Verenigde Arabiese Emirate se nasionale krieketspan - Verenigde State se nasionale krieketspan - Verenigde State se nasionale rugbyspan - Wallabies - Walliese nasionale rugbyspan - Wes-Indiese nasionale krieketspan - Zimbabwiese nasionale krieketspan - Zimbabwiese nasionale rugbyspan


Algemeen


Vir elke sportsoort is daar 'n beheerliggaam (op nasionale vlak). Die plaaslike, nasionale en internasionale beheerliggame is verantwoordelik vir al die tegniese vrae en beheer die toernooistelsel. Langs die professionele bestuur is die sportklubs ook streeksgebonde in die plaaslike beheerliggame. Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (SASKOK) is die beheerliggaam van alle sportsoorte van Suid-Afrika en koördineer die verhouding met verskeie internasionale sportfederasies.


Aanhalings


Sport has the power to change the world. It has the power to inspire. It has the power to unite people in a way that little else does. It speaks to youth in a language they understand. Sport can create hope, where once there was only despair.
— Nelson Mandela


Uitgesoekte span


Kenteken van die Chileense nasionale rugbyspan.

Die Chileense nasionale rugbyspan (Spaans: Selección de rugby de Chile) is die nasionale rugbyspan wat Chili in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Hulle dra die bynaam Los Cóndores (Spaans vir: “die kondors”), na die andeskondor (Vultur gryphus), die nasionale voël van die Suid-Amerikaanse land. Rugby word in Chili geadministreer deur die Nasionale Rugbysportfederasie (Federación Deportiva Nacional de Rugby, FDNR) wat in 1953 gestig is. Chili word as die vyfde beste rugbyspan in die Amerikas beskou (ná Argentinië, die Verenigde State, Kanada en Uruguay) en deur Wêreldrugby as ’n vlak drie-span erken. Die Chileense rugbyspan is tans (Januarie 2025) 21ste op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys. Twee voormalige Chileense rugbyspelers is in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem.

Chili het in 1936 sy eerste toetswedstryd teen Argentinië gespeel. In 2022 het Chili vir die eerste keer vir die rugbywêreldbekertoernooi gekwalifiseer en daarmee die derde Suid-Amerikaanse land geword wat daarin kon slaag. Chili het in 2015 vir die eerste keer die Suid-Amerikaanse Rugbykampioenskap gewen. Sedert 2016 neem Chili ook aan die jaarlikse Amerikaanse Rugbykampioenskap deel, saam met die tweede Argentynse span, Brasilië, Kanada, Uruguay en die Verenigde State.

...lees verder


Uitgesoekte sportsoort


Standaard skaakstukke. Van links na regs: koning, toring, dame, pion, ruiter en loper.

Skaak (Persies: šāh, van Schah, d.i. ‚Koning‘ – dus die naam „die koninklike spel“) is 'n strategiese bordspel vir twee spelers. Die huidige vorm van die spel het in suidelike Europa ontstaan tydens die tweede helfte van die 15de eeu nadat dit ontwikkel het uit soortgelyke en baie ouer spelle met Indiese en Persiese oorsprong. Vandag is skaak een van die gewildste bordspele ter wêreld en word dit deur miljoene mense tuis, in klubs, aanlyn, per pos, en in toernooie gespeel.

Skaak word gespeel op 'n vierkantige bord wat verdeel is in agt rye en agt kolomme, met 64 indiwiduele blokkies wat tradisioneel lig en donker gekleur is. Elke speler het 16 stukke, wat bestaan uit agt pionne, twee torings, twee lopers, twee ruiters, een dame en een koning. Elke stuk skuif op sy eie manier. Die twee kante word onderskei deur kontrasterende kleure. Die doel van die spel is om die koning van die opponent in skaakmat te plaas.

Georganiseerde skaakkompetisies het in die 16de eeu begin en het sedertdien aansienlik ontwikkel. Alhoewel dit nie 'n Olimpiese sport is nie, word skaak wel deur die Internasionale Olimpiese Komitee as 'n sport erken. Die eerste amptelike Wêreldskaakkampioen, Wilhelm Steinitz, het sy titel in 1886 verwerf. Die huidige wêreldkampioen is Magnus Carlsen van Noorweë. Teoretici het sedert die spel se ontstaan uitgebreide skaakstrategieë en taktiek ontwikkel.

Een van die doelstellings van vroeë rekenaarwetenskaplikes was om 'n skaakprogram te ontwikkel. Hedendaagse skaak word sterk beïnvloed deur die vermoëns van skaakprogramme en die vermoë om aanlyn teen ander spelers te speel. In 1997 het Deep Blue die eerste rekenaar geword om 'n heersende skaakkampioen te verslaan in 'n wedstryd waarin dit teen Garri Kasparof gewen het.

Die woord skaak kom van die Persiese woord sjah, wat koning beteken. Ook die woord mat is Persies en beteken hulpeloos.

...lees verder


Sportnuus


Max Verstappen in 2024
Max Verstappen in 2024


Uitgesoekte biografie


Pierre Gasly in Maleisië, 2017

Pierre Gasly (gebore te Rouen, 7 Februarie 1996) is 'n Franse Formule 1-motorrenjaer wat tans vir die Scuderia AlphaTauri-span deelneem. Hy is die GP2-reekskampioen in 2016, en die naaswenner in die 2014 Formule Renault 3.5-reeks en die 2017 Super Formule-kampioenskap.

Hy maak sy Formule 1-debuut in die 2017 Formule Een-seisoen by die Scuderia Toro Rosso tydens die Maleisiese Grand Prix as plaasvervanger vir Daniil Kvyat. Hy het in 2019 na Red Bull Racing verskuif voor hy terug is Torro Rosso toe nadat hy tussen die Hongaarse en Belgiese ronde met Alexander Albon omgeruil is, as spanmaat van Kvyat. Gasly behaal sy eerste Formule Een-oorwinning tydens die Italiaanse Grand Prix in 2020 terwyl hy vir AlphaTauri jaag.

Gasly was gekontrakteer om vir Red Bull Racing vir die 2019-seisoen te jaag, saam met Max Verstappen ná die vertrek van Daniel Ricciardo na Renault.

Gasly is deur AlphaTauri behou vir 2021, met spanmaat die Japannese nuweling Yuki Tsunoda. Hy kwalifiseer vyfde vir die seisoenopener in Bahrein, maar bots met Daniel Ricciardo en val uit die wedren. Hy het toe punte by die volgende ses wedrenne aangeteken, insluitend sy derde loopbaanpodium by die 2021 Azerbeidjanse Grand Prix. By die Italiaanse Grand Prix val Gasly uit in die naelloop-kwalifisering nadat hy met Ricciardo kontak gemaak het en sy voorvlerk onder die wiele vasgedruk het.

Gasly het in 2022 voortgegaan om saam met Tsunoda vir AlphaTauri te jaag.

Gasly het 'n meerjarige kontrak onderteken om in 2023 vir Alpine te jaag, saam met mede-Fransman en voormalige karting-mededinger Esteban Ocon. AlphaTauri het Gasly toegelaat om by Alpine aan te sluit vir die na-seisoen toetse onmiddellik na die 2022 Aboe Dhabi Grand Prix.

...lees verder


Het u geweet...


...dat die vyf gewildste televisie-uitsendings almal sportprogramme is? Die Olimpiese Somerspele, Sokker-Wêreldbekertoernooie, Krieketwêreldbekertoernooie, Rugbywêreldbekertoernooie en Formule Een is die vyf programme wat die grootste kykertalle lok.

...dat ’n groot aantal immigrante uit Cornwall in myne in Suid-Afrika kom werk het? Die tinmyners het op die goudmyne in die ZAR gewerk en onder andere 'n rol gespeel in die vestiging van rugby as ’n sport in Suid-Afrika.

...dat die Namibiër Rudie van Vuuren die eerste (en enigste) man is wat in dieselfde jaar in twee sportsoorte, krieket en rugby, aan ’n wêreldbekertoernooi deelgeneem het? Hy het sy land tydens beide die Krieketwêreldbeker 2003 en die Rugbywêreldbeker 2003 verteenwoordig.

...dat die doelhok in sokker 2,44 meter hoog en 7,32 meter wyd is?

...dat daar in toetskrieket sedert 1877 slegs twee gelykopuitslae was en die Australiese nasionale span in albei gespeel het?


Uitgesoekte beeld


Juuso Pykälistö van Finland in sy Peugeot 206 WRC tydens die 2003 Sweedse Tydren.


Sport in hierdie jaar


Sport in 2024:


Sport volgens jaar


2000  • 2001  • 2002  • 2003  • 2004
2005  • 2006  • 2007  • 2008  • 2009
2010  • 2011  • 2012  • 2013  • 2014
2015  • 2016  • 2017  • 2018  • 2019
2020  • 2021  • 2022  • 2023  • 2024
2025  • 2026  • 2027  • 2028  • 2029


Verwante portale

Kategorieë

Ontdek...


Armdruk  • Atletiek  • Padwedloop  • Basketbal  • Bofbal  • Boks  • Ysskaats  • Boogskiet  • Driekamp  • Duik  • Fietsry  • Ballet  • Gewigoptel  • Gesinchroniseerde swem  • Gholf  • Gimnastiek  • Handbal  • Hokkie  • Jag  • Judo  • Kanovaart  • Karate  • Kegelbal  • Krieket  • Motorsport  • Muurbal  • Netbal  • Pluimbal  • Roei  • Rolbal  • Rolstoelrugby  • Rugby  • Ruitersport  • Sagtebal  • Seil  • Skaak  • Skerm  • Ski  • Skyfskiet  • Sneeuplankry  • Sokker  • Stoei  • Swem  • Tafeltennis  • Taekwondo  • Tennis  • Vlugbal  • Waterpolo



From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne