Suid-Afrika is 'n republiek aan die suidpunt van Afrika. Dit grens in die noorde aan Namibië, Botswana en Zimbabwe, en in die noordooste aan Mosambiek en eSwatini. Lesotho vorm 'n enklawe binne die grense van Suid-Afrika. Suid-Afrika is een van die mees etnies diverse lande in Afrika. Die land het meer Europese immigrante ontvang as enige ander land in Afrika en het die hoogste bevolking van Europese, Indiese en gemengde afkoms. Rasse- en etniese stryd was nog altyd 'n groot deel van die geskiedenis en politiek van die land. 'n Ander belangrike faktor in die ontwikkeling van die land is die ryk mineraalbronne waaroor die land beskik. Die land se ekonomie is een van die grootste en mees ontwikkelde in die kontinent met moderne infrastruktuur in die hele land. bewerk
Gekose panorama
Johannesburg CBD in die oggend
<div style="text-align:center;
bewerk
Gekose artikel
Nyabêla (1825/30 – 1902) in Afrikaans ook bekend as Niabel, was gedurende die negentiende eeu 'n opperhoof van die Ndzundza-Ndebele. Hy word onthou vir sy stryd teen blankes vir beheer oor sy stam se eie grondgebied.
Nyabêla se voorsate het waarskynlik in die sestiende of sewentiende eeu vanaf die suidooskus van Afrika na die Hoëveld verhuis en hulself naby die latere Pretoria gevestig. Hierdie mens is later die Ndebele van Transvaal genoem. Deesdae noem ons hulle die Ndebele van Suid-Afrika. Een van hul hoofmanne, Ndzundza, het na die Steelpoortvallei in Mpumalanga verhuis. Na vele ontberings het hierdie deel van die stam by 'n plek langs die Steelpoortrivier genaamd Nomtshagelo gaan bly. Nomtshagelo is later opgemeet as die plaas Mapochsgronde. Dit omring die huidige dorpie Roossenekal. Nyabêla se pa, Mapoch (deesdae Mabhoko of Mapog genoem) was die hoofman van die stam toe die emigrante (later Voortrekkers of Boere genoem) in 1845 die gebied binnegedring het. In 1860 het die Boere 4 plase (omtrent die huidige Mapochsgronde) aan die Mapochs (deesdae ook die Mapoggers genoem) toegeken. Maar die gebied wat die stam beset het, was groter en het al hoe groter geword. Hulle het weer oorlog gevoer, maar in 1865 is vrede gemaak toe die Boere erken het dat 'n veel groter gebied aan die Mapoggers behoort. Mapog is in 1865 oorlede en twee van sy seuns het hom opgevolg. Die Britte het die Transvaal in 1877 geannekseer. In 1879 het Mapog se hoofvrou se derde seun, Nyabêla, die leisels van die stam van Mapog oorgeneem. Op daardie stadium was daar reeds verskeie hoofmanne onder hom en hy kon as opperhoof beskou word. Sy onderdane het hom Ingwayama genoem. Die Britte het intussen vir Sekhukhune oorwin en hom in die tronk gestop. In 1881 het die Boere die Britte oorwin. Laasgenoemde twee strydendes het die Pretoriakonvensie aangegaan. Die konvensie het twee bepalings bevat wat 'n katastrofiese uitwerking op Nyabêla en die Mapoggers gehad het. Ingevolge een bepaling moes Sekhukhune vrygelaat word. Die konvensie het ook bepaal dat 'n lokasiekommissie aangestel word om lokasies vir alle swart stamme in die Transvaal uitgemeet moes word. bewerk
Gekose beeldDie Afrikaanse Taalmonument is 'n monument wat aan die Afrikaanse taal gewy is. Hierdie monument staan ook bekend as die Tweede Taalmonument. Die Eerste Taalmonument is opgerig te Burgersdorp in 1893. bewerk
Gekose biografie
Stephanus Johannes Paulus Kruger (10 Oktober 1825 - 14 Julie 1904), ook bekend as "Oom Paul", is gebore in die Kaapkolonie uit 'n familie van Pruisiese afkoms. Hy was 'n prominente Boere weerstandsleier teen die Britse bewind en het later, op 30 Desember 1883, die laaste president van die Zuid-Afrikaansche Republiek geword. Hy is vier keer tot president verkies, die laaste keer in 1898. Sy volgehoue pogings om die Oranje-Vrystaat en ZAR te verenig, het misluk. Tydens die daaropvolgende burgeroorlog het hy Van Rensburg gesteun en Potchefstroom verower. Na die mislukking van president Burgers se uiters ambisieuse program, word hy een van die steunpilare van die nasionale weerstand teen die Britse anneksasie.
bewerk
Museums en momumentebewerk
Kategorieë
|