Portia (maan)

Portia   
Ontdekking
Ontdek deur Stephen P. Synnott / Voyager 2
Datum 3 Januarie 1986
Kleinplaneet-benamingUranus XII
Wentelbaaneienskappe
Halwe lengteas 66 097,265 ± 0,050 km[1]
Wentelperiode 0,5131959201 ± 0,0000000093 d[1]
Gem. omwentelingspoed 9,37 km/s[nota 1]
Baanhelling 0,05908 ± 0,039° (tot Uranus se ewenaar)[1]
Satelliet van Uranus
Fisiese eienskappe
Afmetings 156 × 126 × 126 km[2]
Gem. radius 67,6 ± 4 km[2][3][4]
Oppervlakte ~57 000 km²[nota 1]
Volume ~1 300 000 km³[nota 1]
Massa ~1,7×1018 kg[nota 1]
Gem. digtheid ~1,3 g/cm³ (veronderstel)[3]
Oppervlak-
aantrekkingskrag
~0,023 m/s2[nota 1]
Ontsnapping-
snelheid
~0,058 km/s[nota 1]
Rotasieperiode Sinchronies[2]
Ashelling 0[2]
Temperatuur ~64 K

Portia is ’n binnemaan van Uranus. Dit is op 3 Januarie 1986 ontdek op foto's wat deur Voyager 2 geneem is en het die voorlopige naam S/1986 U 1 gekry.[5] Dit is daarna genoem na Portia, die heldin in William Shakespeare se toneelstuk The Merchant of Venice. Dit het ook die naam Uranus XII.[6]

Portia is die tweede grootste van die Portiagroep satelliete, wat ook Bianca, Desdemona, Cressida, Juliet, Rosalind, Kupido, Belinda en Perdita insluit.[7] Dié mane het soortgelyke wentelbane en fotometriese eienskappe.[7] Die grootste een van hulle is Puck. Die mane se wentelbane word al hoe kleiner weens gety-invloede en Portia sal eendag óf verbrokkel en ’n ring om Uranus vorm óf teen die planeet bots.

Buiten sy grootte van sowat 140 km,[2] wentelbaan[1] en geometriese albedo van 0,08[7] is feitlik niks oor Portia bekend nie.

Op die Voyager 2-foto's lyk Portia soos ’n lang voorwerp, waarvan die lengteas na Uranus wys. Die verhouding van die asse is 0,8 ± 0,1.[2] Die oppervlak het ’n grys kleur.[2] Waarnemings met die Hubble-ruimteteleskoop en groot grondgebaseerde teleskope het bewyse gevind van waterys-absorpsie in Portia se spektrum.[7][8]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Jacobson 1998
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 2,4 2,5 2,6 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Karkoschka, Voyager 2001
  3. 3,0 3,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named JPL-SSD-sat_phys
  4. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Williams 2007 nssdc
  5. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named IAUC 4164
  6. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Gazetteer
  7. 7,0 7,1 7,2 7,3 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Karkoschka, Hubble 2001
  8. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Dumas Smith et al. 2003


Verwysingfout: <ref> tags exist for a group named "nota", but no corresponding <references group="nota"/> tag was found


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne