Portland Internasionale Lughawe

Portland Internasionale Lughawe
IATA: PDXICAO: KPDXFAA: PDX
Opsomming
Tipe lughawe Openbaar / Militêr
Eienaar/Operateur Portlandhawe
Bedien Portland metropolitaanse gebied
Ligging Portland, Oregon, V.S.A.
Geopen 1936
Spil vir Alaska Airlines
Hoogte bo seevlak 30 vt / 9 m
Koördinate 45°35′19″N 122°35′51″W / 45.58861°N 122.59750°W / 45.58861; -122.59750
Webtuiste flypdx.com
Landkaart
FAA lughawediagram
FAA lughawediagram
Aanloopbane
Rigting Lengte Oppervlak
vt m
03/21 6 000 1 829 Asfalt
10L/28R 9 825 2 995 Asfalt
10R/28L 11 000 3 353 Beton
Statistieke (2023)
Passasiers 16 486 688
Lugbewegings 190 150
Bron: FAA[1]/www.flypdx.com

Portland Internasionale Lughawe (IATA: PDXICAO: KPDXFAA: PDX) is 'n gesamentlike siviele-militêre lughawe en die grootste lughawe in die Amerikaanse deelstaat Oregon, wat verantwoordelik is vir 90% van die staat se passasiersvlugte en meer as 95% van sy lugvrag.[2] Dit is binne Portland se stadsgrense net suid van die Columbiarivier in Multnomah County, 10 km noordoos van die middestad van Portland. Daar word dikwels na Portland Internasionale Lughawe verwys deur sy IATA-lughawekode, PDX. Die lughawe beslaan 1 214 ha grond.[3]

Portland Internasionale Lughawe bied direkte vlugte na stede regdeur die Verenigde State, Kanada, die Verenigde Koninkryk, Duitsland, Japan, Meksiko, Nederland asook Ysland. Die lughawe is 'n spilpunt vir Alaska Airlines.[4] Dit het ook 'n instandhoudingsfasiliteit vir Alaska Air se filiaal, Horizon Air. Algemene lugvaartdienste word by PDX deur Atlantic Aviation verskaf.[5] Die Oregon Air National Guard het 'n basis op die suidwestelike gedeelte van die lughawe-eiendom, en is ook die gasheereenheid van die 142ste Vegtervleuel, wat die F-15 Eagle bedryf.

Plaaslike vervoer sluit die MAX Red Line ligte spoor in, wat passasiers tussen PDX en die middestad van Portland neem, sowel as verder wes na Beaverton. Daar is ook Interstate 205, wat met die suidweste van Washington verbind.

  1. https://cdn.portofportland.com/pdfs/December%202022%20Statistics%20(PDF).pdf
  2. Loy, William G. (2001). Atlas of Oregon. Eugene, Oregon: University of Oregon Press. p. 111. ISBN 0-87114-102-7.
  3. "PDX airport data at skyvector.com". skyvector.com. Besoek op 24 Augustus 2022.
  4. "Network". Newsroom | Alaska Airlines. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Maart 2017. Besoek op 9 Maart 2020.
  5. "Atlantic Aviation Acquires Flightcraft PDX and EUG". AviationPros. 28 Julie 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Desember 2013. Besoek op 27 November 2013.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne