Potjiekos is 'n verwysing na 'n eg Suid-Afrikaanse kooktegniek wat 'n ysterpot as hoofkookinstrument gebruik. Die ysterpot is ook bekend in ander dele van die wêreld as 'n dutch-oven, en word ook ysterpot, swart pot of net potjie genoem. Die pot word gemaak uit gietyster en het 'n los deksel. Daar is verskillende groottes wat begin by 1/4 tot so groot as nommer 25. Vir die gemiddelde gesin van 4 tot 6 mense is 'n nommer 3-pot voldoende.[1] Die pot is verkrygbaar met 'n ronde bodem met drie pote, of met 'n plat bodem sonder pote.