Pous Adeodatus | |
---|---|
Pontifikaat begin | 11 April 672 |
Pontifikaat eindig | 17 Junie 676 |
Voorganger | Vitalianus |
Opvolger | Donus |
Gebore | Rome, Italië |
Sterf | 17 Junie 676 Rome, Italië |
Adeodatus was die 77ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk. Hierdie pous word ook Adeodatus II genoem. Die verwarring het ontstaan omdat Pous Deusdedit ook Pous Adeodatus genoem is en hy dan Pous Adeodatus I sou wees. Die name 'Deusdedit' en 'Adeodatus' beteken dieselfde in Latyn, nl. 'deur God gegewe'. Dit het waarskynlik die verwarring veroorsaak.