Pous Gregorius XVI | |
---|---|
Geboortenaam | Bartolomeo Alberto Cappellari |
Pontifikaat begin | 2 Februarie 1831 |
Pontifikaat eindig | 1 Junie 1846 |
Voorganger | Pius VIII |
Opvolger | Pius IX |
Gebore | 18 September 1765 Belluno, Republiek Venesië |
Sterf | 1 Junie 1846 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Gregorius |
Gregorius XVI was die 254ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk vir 15 jaar, 3 maande en 30 dae, van 1831 tot 1846. Hy was konserwatief en tradisievas. Hy het demokratiese hervormings in die Kerklike Staat en die res van Europa probeer verhinder omdat hy gedink het demokrasie bevorder linkse revolusionisme. Hy poog om die politieke en kerklike mag van die pous uit te brei. Gregorius was die laaste pous wat verkies is wat nie 'n biskop was nie.