Pous Leo X | |
---|---|
![]() | |
![]() | |
Geboortenaam | Giovanni de' Medici |
Pontifikaat begin | 9 Maart 1513 |
Pontifikaat eindig | 1 Desember 1521 |
Voorganger | Julius II |
Opvolger | Adrianus VI |
Gebore | 11 Desember 1475 Florence, Italië |
Sterf | 1 Desember 1521 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Leo |
Leo X was die 217de pous van die Rooms-Katolieke Kerk van 1513 tot 1521. Hy was die laaste persoon wat nie 'n priester was nie toe hy verkies is. Hy is veral bekend weens die verkoop van aflate om die rekonstruksie van die Sint Pieterskerk te betaal en sy hantering van Martin Luther se 95 stellings. Hy was die tweede seun van Lorenzo de' Medici en Clarice Orsini. Sy neef Giulio di Giuliano de' Medici sou hom later opvolg as Pous Clemens VII.