Pous Pius XI | |
---|---|
![]() | |
![]() | |
Geboortenaam | Ambrogio Damiano Achille Ratti |
Pontifikaat begin | 6 Februarie 1922 |
Pontifikaat eindig | 10 Februarie 1939 |
Voorganger | Benedictus XV |
Opvolger | Pius XII |
Gebore | 31 Mei 1857 Desio, Lombardye |
Sterf | 10 Februarie 1939 Vatikaanstad |
Ander pouse genaamd Pius |
Pius XI was die 259ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk vir 17 jaar en 5 dae, van 1922 tot 1939. Sy pontifikaat lê tussen die Eerste en Tweede Wêreldoorlog. Hy het drie doktorsgrade gehad in teologie, regte en filosofie. Hy word gekonfronteer met die opkomende kommunisme en fascisme. Hy veroordeel die politiek van Duitsland, die Sowjetunie, Italië en Meksiko. Hy sluit 'n aantal konkordate af en bekragtig die Lateraanse verdrae waarin die soewereiniteit van Vatikaanstad en die pous as staatshoof erken word. Hy steun die ontwikkeling van inheemse geestelikes in die sendinggebiede, dikwels teen die sin van die koloniale owerhede.