Preity Zinta | |
![]() | |
Preity Zinta in 2013
| |
Geboorte | 31 Januarie 1975 Shimla, Himachal Pradesh, Indië |
---|---|
Nasionaliteit | ![]() |
Beroep(e) | aktrise en model |
Aktiewe jare | 1998–hede |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Preity Zinta is 'n Indiese model en aktrise. Sy is beroemd vir die rolle wat sy in Bollywood se Hindi-rolprente speel. Sy het ook in 'n paar Engelse, Pandjabi- en Telugu-rolprente gewerk. Nadat sy 'n graad in kriminele sielkunde verwerf het, het sy in 1998 haar debuut in die rolprent Dil Se gemaak. Daarna het sy, in dieselfde jaar, 'n rol in die rolprent Soldier vertolk. As gevolg van hierdie optredes, verdien Zinta 'n Filmfare-toekenning vir die Beste Vroulike debuut. Later is sy vir haar rol as 'n tiener enkelma in Kya Kehna erken. Zinta het dus haar loopbaan in die rolprentbedryf met 'n verskeidenheid van karakterrolle gevestig. Haar rolprentrolle, saam met haar TV-persoonlikheid het die konsep van 'n heldin in die Hindirolprentwêreld verander; sy het heelwat toekennings daarvoor ontvang.