Prins Andreas | |
---|---|
Prins van Griekeland en Denemarke | |
![]() Portret deur Philip de László, 1913.
| |
Huis | Glücksburg |
Vrou | Prinses Alice van Battenberg |
Kinders | Margarita Theodora Cecilie Sophie Prins Philip, Hertog van Edinburg |
Vader | George I van Griekeland |
Moeder | Olga Konstantinowna van Rusland |
Gebore | Athene, Griekeland | 2 Februarie 1882,
Oorlede | 3 Desember 1944 (op 62), Monte Carlo, Monaco |
Prins Andreas van Griekeland en Denemarke, dikwels ook prins Andrew genoem (Grieks: Ανδρέας; 2 Februarie 1882 - 3 Desember 1944), van die Huis van Sleeswyk-Holstein-Sonderburg-Glücksburg was die sewende kind en vierde oudste seun van koning George I van Griekeland en sy vrou, Olga Konstantinowna van Rusland. Hy was ’n kleinseun van Christiaan IX van Denemarke en die pa van prins Philip, Hertog van Edinburg.