Prins Andrew Romanoff | |
---|---|
Gebore | Andrew Andreevich Romanov 21 Januarie 1923 |
Sterf | 28 November 2021 (op 98) |
Beroep | Kunstenaar, skrywer |
Bekend vir | Hoof van die Huis van Romanof (betwis) |
Titel | Prins van Rusland (Huis van Holstein-Gottorp-Romanof) |
Termyn | 31 Desember 2016 – 2021 |
Voorganger | Prins Dmitri Romanof |
Opvolger | Prins Alexis Romanov |
Eggenoot | Elena Dourneva Kathleen Norris Inez von Bachelin |
Ouer(s) | Prins Andrei Aleksandrowitsj van Rusland en Elisabetha Ruffo |
Prins Andrew Romanoff (gebore as Andrew Andreevich Romanov; Afrikaanse transliterasie: Andrei Andrejewitsj Romanof; 21 Januarie 1923 – 28 November 2021)[1][2] was ’n Russies-Amerikaanse kunstenaar en skrywer. Hy was ’n kleinneef van Rusland se laaste keiser, Nikolaas II, en 'n agter-agter-kleinseun in die manlike lyn van tsaar Nikolaas I. Sedert prins Dmitri Romanof se dood op 31 Desember 2016 was hy ’n aanspraakmaker op die hoofskap van die Huis van Romanof en president van die Romanof-familievereniging. Hy is ná sy dood opgevolg deur sy seun, prins Alexis Romanov, ook bekend as Alex Romanoff.