Prins Harry | |
---|---|
Prins Henry van Wallis | |
Prins Harry in 2019.
| |
Volle naam | Henry Charles Albert David |
Huis | Huis van Windsor |
Vader | Charles III van die Verenigde Koninkryk |
Moeder | Diana, Prinses van Wallis |
Gebore | 15 September 1984Londen, Engeland | ;
Eggenote | Meghan Markle |
Amptelike webtuiste | Prins Henry van Wallis |
Prins Henry, Hertog van Sussex KCVO (Henry Charles Albert David, * 15 September 1984 – ), algemeen bekend as prins Harry,[1] is die jongste seun van koning Charles III van die Verenigde Koninkryk, en sy eerste vrou, Diana, Prinses van Wallis. Sy grootouers aan vaderskant was koningin Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk en prins Philip, Hertog van Edinburg. Hy is die vyfde aanspraakmaker op die Britse troon ná sy broer, William, Prins van Wallis, en sy broerskinders, prins George, prinses Charlotte en prins Louis.
Ná sy skoolopleiding aan verskeie skole in Brittanje en ’n brugjaar in onder meer Australië en Lesotho, het Harry besluit op ’n militêre loopbaan. Hy het offisiersopleiding ontvang aan die Militêre Akademie Sandhurst en ’n tweede luitenant geword in die Household Cavalry-regiment. Hy het hier sy opleiding as tenkbevelvoerder voltooi. In 2007–2008 het hy in die Afghaanse Oorlog 77 dae lank diens gedoen aan die front,[2] maar is onttrek ná ’n artikel in ’n Australiese tydskrif.[3] Hy het in 2012–2013 vir 20 weke na Afghanistan teruggekeer.[4]
Op 27 November 2017 is aangekondig dat prins Harry verloof geraak het aan die voormalige Amerikaanse aktrise Meghan Markle en op 19 Mei 2018 is hulle in Windsor, Engeland, getroud. ’n Paar uur voor die troue het hy die titels Hertog van Sussex, Graaf van Dumbarton en baron Kilkeel gekry.[5]
{{cite news}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)