Prinses Dagmar van Denemarke

Maria Fjodorowna
Keiserin-gemalin van Rusland
Maria Fjodorowna, omstreeks 1885.
Maria Fjodorowna, omstreeks 1885.
Periode 13 Maart 18811 November 1894
Eggenoot Aleksander III van Rusland
Kinders Nikolaas, Aleksander, George, Michail, Ksenia, Olga
Vader Christiaan IX van Denemarke
Moeder Louise van Hesse-Kassel
Gebore 26 November 1847, Kopenhagen
Oorlede 13 Oktober 1928, Hvidøre (Denemarke)

Marie Sophie Frederikke Dagmar van Denemarke (Kopenhagen, 26 November 1847Hvidøre (Denemarke), 13 Oktober 1928) was ’n Deense prinses en later keiserin Maria Fjodorowna (Russies: Мария Фёдоровна) van Rusland deur haar huwelik met tsaar Aleksander III.

Sy was die dogter van koning Christiaan IX van Denemarke en Louise van Hesse-Kassel, en die suster van koning Frederik VIII van Denemarke, koning George I van Griekeland en koningin Alexandra, vrou van koning Edward VII van die Verenigde Koninkryk.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne