Priti Patel | |
![]() | |
Minister van binnelandse sake
| |
Ampstermyn 24 Julie 2019 – 6 September 2022 | |
Eerste minister | Boris Johnson |
---|---|
Voorafgegaan deur | Sajid Javid |
Opgevolg deur | Suella Braverman |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Priti Sushil Patel 29 Maart 1972 Londen, Engeland |
Politieke party | Konserwatiewe Party |
Priti Sushil Patel (gebore 29 Maart 1972) is 'n Britse politikus van die Konserwatiewe Party wat van 24 Julie 2019 tot 6 September 2022 die amp van minister van Binnelandse Sake van die Verenigde Koninkryk beklee het. Ideologies word Priti Patel by die Konserwatiewe Party se regtervleuel gereken. Sy is as dogter van Indiese immigrante uit Uganda in Londen gebore. Haar ouers het Uganda in 1972 verlaat kort voordat diktator Idi Amin die meeste Asiatiese bewoners uit die land gedryf het. Patel het aan die Keel-universiteit en aan die Universiteit van Essex gestudeer.