![]() ’n Foto deur Voyager 2 (1989). | |
Ontdekking | |
---|---|
Ontdek deur | Voyager 2 Stephen P. Synnott |
Datum | 16 Junie 1989 |
Wentelbaaneienskappe[1] | |
Epog 18 Augustus 1989 | |
Periapside | 117 584±10 km |
Apoapside | 117 709±10 km |
Halwe lengteas | 117 647±1 km (4,75 RN) |
Wentelperiode | 1,12231477±0,00000002 d |
Gem. omwentelingspoed | 7,623 km/s |
Baanhelling | 0,524 ° |
Satelliet van | Neptunus |
Fisiese eienskappe |
|
Afmetings | 424 × 390 × 396 km[2] |
Gem. radius | 210±7 km[3] |
Volume | 3,4±0,4×107 km³[2] |
Massa | 4,4×1019 kg |
Gem. digtheid | ≈ 1,3 g/cm³ (geraam)[3] |
Oppervlak- aantrekkingskrag | 0,044 m/s2 |
Ontsnapping- snelheid | 0,044 km/s |
Rotasieperiode | Sinkronies[2] |
Ashelling | Nul[2] |
Temperatuur | ≈ 51 K (gemiddeld, geraam) |
Skynmagnitude | 19,7[3] |
Proteus (Grieks: Πρωτεύς), ook bekend as Neptunus VIII, is die tweede grootste maan van Neptunus en die planeet se grootste binnemaan. Dit is in 1989 deur Voyager 2 ontdek en genoem na Proteus, die vormveranderende seegod in die Griekse mitologie.
Al is dit ’n hoofsaaklik ysige liggaam met ’n deursnee van meer as 400 km, wyk Proteus se vorm aansienlik af van ’n ellipsoïed. Dit is eerder ’n onreëlmatige, veelvlakkige liggaam met verskeie effense uithollings en ’n reliëf van tot 20 km hoog. Sy oppervlak is donker, met ’n neutrale kleur en vol kraters. Sy grootste krater is Pharos, met ’n deursnee van meer as 230 km. Daar is ook ’n aantal kranse, groewe en valleie wat met groot kraters verband hou.
Proteus het moontlik nie saam met Neptunus ontstaan nie. Dit kon later gevorm het uit rommel nadat die planeet se grootste maan, Triton, aangetrek is.