Protoceratops | |
---|---|
’n P. andrewsi-skelet (Carnegie-museum van Natuurgeskiedenis. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Klas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | |
Genus: | †Protoceratops (Granger & Gregory, 1923)
|
Tipespesie | |
†Protoceratops andrewsi (Granger & Gregory, 1923)
| |
Spesies | |
|
Protoceratops | ||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Kladistiese klassifikasie | ||||||||||||
|
Protoceratops (van die Grieks vir "eerste horinggesig")[1] was ’n genus van plantvretende dinosourusse, omtrent so groot soos skape (1,5 tot 2 m lank), uit die Campanium-tydsnede van die Kryt-periode. Dit het in Mongolië voorgekom en was lid van die Protoceratopsidae, ’n groep vroeë dinosourusse met horings. Anders as latere seratopsiërs was hulle klein en hul horings onderontwikkel. Hulle het sekere primitiewe eienskappe gehad wat nie in latere genera voorgekom het nie.
Protoceratops het ’n groot kraag om die nek gehad wat moontlik gebruik is om lede van die teenoorgestelde geslag te beïndruk. Dit kon ook gebruik gewees het vir verdediging of om die kakebeenspiere te anker. Die paleontoloë Walter W. Granger en W.K. Gregory, wat die genus in 1923 beskryf het, het aanvanklik geglo Protoceratops was die voorouer van die Noord-Amerikaanse seratopsiërs. Navorsers onderskei tans twee spesies, P. andrewsi en P. hellenikorhinus, na gelang van hul onderskeie groottes.