Pseudomonas | |
---|---|
![]() | |
Pseudomonas aeruginosa | |
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Bakterieë |
Filum: | Proteobacteria |
Klas: | Gammaproteobacteria |
Orde: | Pseudomonadales |
Familie: | Pseudomonadaceae |
Genus: | Pseudomonas Migula, 1894 |
Pseudomonas is 'n genus van psigrofiele katalase-positiewe obligaataërobiese, Gram-negatiewe bakterieë wat aan die familie Pseudomonadaceae behoort.
Dit is gewoonlik enkelgeboë (piesangagtige) organismes of kom in die vorm van reguit stawe voor. Hulle het polêre flagellae waardeur hulle kan voortbeweeg.[1] Die organismes van die Pseudomonas-genus is meestal vrylewende bakterieë wat in grond, water, mariene omgewings en op die vel van diere, insluitend mense wyd versprei word aangetref. Pseudomonas verkies klam areas. Hulle is streng aërobies Die volledige volgorde van die genoom van Pseudomonas aeruginosa (die tipe spesies van Pseudomonas) is bepaal.[2]