Pulitzerprys vir Fiksie
| ||
Pulitzer-medaljes | ||
Toegeken vir | Uitnemendheid in literêre Fiskie | |
Borg | Columbia-universiteit | |
Land | Verenigde State | |
Datum | Jaarliks rondom April | |
Vorige naam | Pulitzerprys vir Roman | |
Eerste toekenning | 1948 | |
Webtuiste | pulitzer.org |
Die Pulitzerprys vir Fiksie is 'n onderafdeling van die Amerikaanse Pulitzerprys en word sedert 1948 toegeken aan vermaarde fiksie deur 'n Amerikaanse skrywer, met die tema van die werk verkieslik oor die Amerikaanse lewe. Dit het die vorige Pulitzerprys vir Roman vervang.
In 1974 het die fiksie-jurie eenparig aanbeveel dat die roman Gravity's Rainbow van Thomas Pynchon die toekenning kry, maar die Pulitzerraad het geen toekenning gemaak nie.