Die 'Queensland Herbarium is geleë in die Brisbane Botaniese Tuine, Mount Coot-tha, in Brisbane, Queensland, Australië. Dit is deel van Queensland se Departement Wetenskap, Inligtingstegnologie, Innovasie en Kuns. Dit is verantwoordelik vir die ontdekking, beskrywing, monitering, modellering, opmeting, benaming en klassifikasie van Queensland se plante, en is die fokus vir inligting en navorsing oor die staat se plante en plantgemeenskappe.