Quintin Brand | |
---|---|
![]() Quintin Brand, ca. 1941 | |
Bynaam(e) | Flossie |
Geboortedatum | 25 Mei 1893 |
Geboorteplek | Kimberley |
Sterfdatum | 7 Maart 1968 (op 74) |
Sterfplek | Umtali, Rhodesië |
Lojaliteit | ![]() ![]() |
Diens/Tak | ![]() ![]() |
Jare in diens | 1913–1943 |
Rang | Adjunk-Lugmaarskalk |
Eenheid | No. 20 Group (1941–43) No. 10 Group (1940–41) No. 56 Squadron (1923–25) No. 44 Squadron (1919) No. 151 Squadron (1918–19) No. 112 Squadron (1918) |
Veldslae/oorloë | Eerste Wêreldoorlog Tweede Wêreldoorlog |
Toekennings | Knight Commander of the Order of the British Empire Distinguished Service Order Military Cross Distinguished Flying Cross Order of Ismail (Egipte) |
Sir Christopher Joseph Quinton Brand (25 Mei 1893 – 7 Maart 1968) was 'n Suid-Afrikaanse offisier wat in die Britse Lugmag diens gedoen het. Hy is in Kimberley gebore en ontvang opleiding in Johannesburg. In die Eerste Wêreldoorlog dien hy in die Britse Vliegkorps en neem saam met sir Pierre van Ryneveld deel aan die beroemde pioneervlug van Londen na Kaapstad in 1920. Hy word later Direkteur van Lugvaart in Egipte. Hy neem ook aan die Tweede Wêreldoorlog deel in beheer van Nr. 10 Vegtersgroep.