| |||||
| |||||
![]() | |||||
Hoofstad | Phuthaditjhaba | ||||
Taal/Tale | Sesotho, Engels, Afrikaans | ||||
Regering | Republiek | ||||
Hoofminister | Kenneth Mopeli | ||||
Wetgewer | Parlement | ||||
Historiese tydperk | Apartheid | ||||
- Stigting | 1 November 1974 | ||||
- Weer ingelyf in Suid-Afrika | 27 April 1994 | ||||
Oppervlakte | |||||
- 1994 | 1 040 km2 402 sq mi | ||||
Bevolking | |||||
- 1994 skatting | 288 155 | ||||
Digtheid | 277,1 /km² 717,6 /sq mi | ||||
Geldeenheid | Suid-Afrikaanse Rand |
Qwaqwa was 'n selfregerende tuisland ("bantoestan") in die oostelike Vrystaat in Suid-Afrika. Die tuisland het slegs 655 km² grondgebied beslaan. Die hoofstad van Qwaqwa was Phuthaditjhaba en die gebied het 180 000 Sotho-sprekendes as inwoners gehad.
Qwaqwa is die Suid-Sotho woord vir witter as wit, moontlik 'n verwysing na die gereelde wit sneeu op die bergpieke in die omgewing. Die hoofstad het ook as Witsieshoek bekend gestaan in Afrikaans.
Die twee vernaamste stamme in die omgewing is die Bakoena en die Batlokoa. Die twee stamme het in 1969 verenig en die naam Qwaqwa aangeneem. Op 1 November 1974 is selfregering aan Qwaqwa toegestaan. Na die eerste demokratiese verkiesing in 1994 is die tuisland heringelyf by die Republiek van Suid-Afrika. Die Qwaqwa-hoofminister van 1974 tot 1994 was Kenneth Mopeli.