R136a1 | ||||
![]() | ||||
’n Kunstenaarsvoorstelling van die Wolf-Rayetster R136a1 in die Groot Magellaanse Wolk. | ||||
Sterrebeeld | Swaardvis | |||
Spektraaltipe | WN5h | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 05h 38m 42,43s | |||
Deklinasie | −69° 06′ 02,2″ | |||
Skynmagnitude (m) | 12,77 | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 265 | |||
Radius (R☉) | 35,4 | |||
Ligsterkte (L☉) | ≈ (9,3) × 106 | |||
Temperatuur (K) | 53 000 | |||
Afstand (ligjaar) | 165 000 | |||
Ander name | ||||
BAT99 108, RMC 136a1, [HSH95] 3, [WO84] 1b, Cl* NGC 2070 MH 498, [CHH92] 1, [P93] 954 | ||||
|
R136a1 is ’n Wolf-Rayetster en die ster sover bekend met die grootste massa. Dit word geraam op sowat 265 sonmassas.[1] Die ster is ook die helderste sover bekend, sowat 8,7 miljoen keer so helder soos die Son.[1]
Dit is geleë in R136, ’n supersterreswerm naby die middel van die 30 Doradus-kompleks (ook bekend as die Tarantula-newel) in die Groot Magellaanse Wolk.