Die Racing Bulls F1-span is 'n nuwe Formule Een-renmotorspan wat sedert Maart 2024 aan Grands Prix deelneem. Hul volledige naam is Visa Cash App Racing Bulls Formula One Team.
Die RB in die voormalige akroniem staan vir Racing Bulls S.p.A. uit Italië, en nie vir Red Bull, die energiedrankiemaatskappy wat die span asook hul susterspan Red Bull Racing borg. Die span het voorheen (van die 2020 tot 2023-seisoen) bekend gestaan as Scuderia AlphaTauri en kry vir die 2024-seisoen hierdie nuwe naam RB die in 2025 Racing Bulls is.
Die span se renjaers vir die 2024 Formule Een-seisoen was die Australiër Daniel Ricciardo en die Japannees Yuki Tsunoda, met Laurent Mekies as die spanhoof.